Top Theme Image
Top Theme Image

Johan & Chané

November 29, 2025 • Oudtshoorn, South Africa

Johan & Chané

November 29, 2025 • Oudtshoorn, South Africa
Jessica de Vos
Jessica de Vos - Strooimeisie
Jessica is my niggie én een van my beste vriendinne... iemand wat letterlik en figuurlik al 'n leeftyd langs my staan. Sy is die een wat altyd daar is: met 'n gebed, 'n grappie of daai skerp sin vir humor wat almal laat lag. Agter haar vinnige tong en slim opmerkings steek daar 'n piepklein hartjie vol liefde en lojaliteit. Jessica is ’n ongelooflike vrou van geloof en karakter, en ek kon my geen beter strooimeisie voorstel nie. -Chané
Monique Els
Monique Els - Strooimeisie
Monique is een van my beste vriendinne, en al ken ons mekaar nog net sowat vyf jaar, voel dit soos ’n leeftyd. Ons het daardie een-in-’n-miljoen vriendskap waar ons mekaar kan lees soos ’n boek, soms hoef ons nie eers ’n woord te sê om te weet wat die ander een dink nie. Sy is ongelooflik lojaal, ’n mens wat opreg omgee, en altyd gereed om te luister of ’n hand uit te steek. Monique was al van die begin af só behulpsaam met die troubeplanning, en ek is so dankbaar om haar aan my sy te hê op die groot dag. -Chané
Jeanie du Plessis
Jeanie du Plessis - Strooimeisie
Jeanie is my toekomstige skoonsussie, en ek kon nie vir ’n beter een gevra het nie! Sy is saggeaard, liefdevol en het daardie ongelooflike vermoë om die mense om haar warm en welkom te laat voel. Ons twee saam huil maklik en haar energie is aansteeklik. As jy haar nie in trane of gelag vang nie, is sy waarskynlik in die kombuis besig om iets ongeloofliks te bak. Ek is so dankbaar om haar nie net as deel van my strooimeisies te hê nie, maar binnekort ook as familie. -Chané
Annamè du Plessis
Annamè du Plessis - Strooimeisie
Annamè is my toekomstige skoonsussie, maar voel al lank soos ’n regte vriendin. Ons twee kan lag tot die trane rol en as ons eers begin, is daar geen keer nie! Sy het ’n briljante sin vir humor, en ons kan oor enigiets gesels, lag of sommer net stil saam wees. Annamè is ’n ware perfeksionis, ongelooflik slim en vasberade. Sy weet presies wat sy in die lewe wil hê! Sy is daardie rotsvaste mens wat altyd daar is, en haar bydraes tot die troubeplanning, met kreatiewe idees en hulp, beteken vir my vreeslik baie. -Chané
Bernice Synodinos
Bernice Synodinos - Strooimeisie
Bernice is my beste vriendin sedert 2011 en ’n kosbare siel wat my lewe met liefde en avontuur verryk het. Haar hart is groot en opreg, altyd gereed om ’n hand te reik of net te luister wanneer jy dit nodig het. Of dit nou dag of nag is, Bernice is daar, ’n stewige steunpilaar vol warmte, omgee en onvoorwaardelike lojaliteit. Ek is ongelooflik dankbaar dat sy deel is van my lewe en my troue. -Chané
Matthys du Plessis
Matthys du Plessis - Strooijonker
Matthys is my broer en my stewige rots. Hy het altyd goeie raad vir my en ’n wysheid wat my laat dink oor die belangrike dinge in die lewe. Maar moenie dink hy’s net ernstig nie, as hy eers begin lag, kan hy nie ophou nie! Hy is ongelooflik lojaal, reguit en ’n liefdevolle mens wat ek nie sonder hom op my groot dag kan voorstel nie. -Johan
Nortier Geyer
Nortier Geyer - Strooijonker
Nortier is my beste vriend van hoërskool af. ’n Band so sterk dat niks dit ooit kan breek nie. Hy is altyd daar vir my, in goeie en moeilike tye. Nortier is opreg, lojaal en die tipe ou wat die eerste is om te help, of dit nou beteken om skoon te maak terwyl almal nog lag en kuier, of om die skottelgoed te wil was voordat hy ry. Ek waardeer hom meer as wat woorde kan sê, en ek’s dankbaar om hom aan my sy te hê op die groot dag. Hy is 'n ware gentleman -Johan
Rikus Els
Rikus Els - Strooijonker
Rikus en ek het eers saam gewerk, maar het vinnig goeie vriende geword. Hy is ’n ware grapmaker, altyd gereed om ’n poets te bak en die lewe interessant te hou. Sy avontuurlustigheid, groot humorsin en oopkop-perspektief maak hom nie net ’n wonderlike vriend nie, maar ook iemand op wie ek altyd kan staatmaak en vertrou. -Johan
Lindenberg Tomlinson
Lindenberg Tomlinson - Strooijonker
Lindenberg is my neef en een van my beste vriende, ’n lewendige karakter wat altyd sorg vir lekker stories en lag wanneer hy in die omtrek is. Hy is opreg, lojaal en bitter snaaks, en ek waardeer hom enorm. Hy het ons behoorlik laat bid en hoop hy maak dit betyds na die troue, al die pad uit Amerika! -Johan
Wynand Basson
Wynand Basson - Strooijonker
Wynand, my swaerie het die talent om enige situasie ligter te maak, of dit nou met ’n skerp grappie, ’n breë glimlag of ’n handige plan is. Hy is 'n regte staatmaker en die tipe mens wat jou altyd laat lag, maak nie saak waar jy is nie. Ek is bly hy is langs ons op die dag wat ons “Ja!” sê.
Annemé Basson
Annemé Basson - Blommemeisie
Annemé, jy is so vol selfvertroue en energie, jy is ‘n regte ster! Jou liefde vir dans en sing sal die hele dag opvrolik. Ek is ongelooflik trots om jou as my blommemeisie te hê, en ek weet jy sal die paadjie met soveel styl en vreugde stap. Jy is vir my so spesiaal en ek kan nie wag om hierdie wonderlike oomblik saam met jou te deel nie.
Novah de Vos
Novah de Vos - Blommemeisie
Novah, jy het die vermoë om enige ruimte te vul met jou geluk en energie. Ek is so gelukkig dat ek jou in my lewe het en jy die geleentheid het om deel van hierdie dag te wees. Jy sal die paadjie vol liefde en vreugde strooi, en ek sal altyd onthou hoe jy hierdie dag vir my spesiaal gemaak het. Jy is regtig een in 'n miljoen.
Karia Els
Karia Els - Blommemeisie
Karia, jy het die mooiste gees en die grootste hart. Ek is so dankbaar dat jy deel van hierdie spesiale dag is en ek weet jy gaan alles net 'n bietjie mooier maak. Jy is vir my so kosbaar en ek voel bevoorreg om jou as my blommemeisie te hê. Jou grasie en liefdevolle teenwoordigheid beteken vir my alles.