Top Theme Image
Top Theme Image

Johan & Chané

November 29, 2025 • Oudtshoorn, South Africa

Johan & Chané

November 29, 2025 • Oudtshoorn, South Africa

📍 Waar is die troue?

Die seremonie en onthaal vind plaas op ons geliefde Vergelegen-plaas, net buite Oudtshoorn. Volledige aanwysings sal nader aan die tyd gedeel word.

🕒 Wanneer begin alles?

Vrydag: Aankoms vanaf 14:00 vir tentedorp | Welkombraai 19:00 Saterdag: Seremonie 15:30 vir 16:00 | Onthaal direk daarna Sondag: Ontbyt 10:00 by Buffelsdrift (op eie koste)

🏕 Wat is die verblyf opsies?

Besprekings vir die tentedorp kan gemaak word wanneer jy RSVP op hierdie webwerf. Omdat ons tente vooraf met die verskaffer moet bevestig, vra ons dat elke bespreking vergesel word van ’n 50% deposito om jou plek te verseker. 🔹 Hoe werk dit? RSVP onder tentedorp dat jy gaan bywoon, Betaal ’n deposito van R1000 per tent (van die totale R2000). Betaal die oorblywende R1000 voor 1 Oktober 2025. 💳 Betaalmetode Oordrag via EFT na die volgende rekening: Bank: Discovery Bank Rekening naam: Du Plessis Rekeningnommer: 12158873297 Rekeningtipe: Tjek Takkode: 679000 Verwysing: Gebruik asb Jou Naam / Tentedorp Let wel: Elke tent huisves twee persone en is volledig toegerus vir ’n gemaklike naweek. Tente is beperk, so bespreek asseblief betyds om teleurstelling te voorkom. Ander Verblyfopsies in die Omgewing As jy nie in die tentedorp wil bly nie, is daar verskeie ander lekker opsies in Oudtshoorn en omgewing: Indien jy hulp nodig het met besprekings of enige vrae, kontak ons gerus, ons help graag!

🎽 Wat is die kleredrag?

Vrydag: Gemaklik – kom soos jy is en geniet die kuier. Saterdag: Formeel, maar steeds gemaklik genoeg vir buite, dans en lekker saamkuier. Ons vra vriendelik dat gaste asseblief nie denims of wit dra nie. Sondag: Gemaklik – ontspan en sluit die naweek saam met ons af.

👶 Kan ons kinders/metgeselle saambring?

As julle uitnodiging kinders of metgeselle insluit, is hulle meer as welkom! Laat weet ons asseblief saam met jou RSVP as julle kinders of metgeselle saamkom. Elke persoon moet asseblief individueel RSVP met hul naam en van. Indien jou metgesel nie onder hul eie naam verskyn nie, soek asseblief jou naam + “metgesel”.

🎶 Kan ons ’n liedjie versoek?

Ons wil hê die dansvloer moet van begin tot einde vol wees! 🎶 Wanneer jy RSVP, sal daar 'n opsie wees om jou liedjieversoeke in te dien. Deel vroeg jou versoeke, sodat dit speel op die groot dag! 💛 Bring asseblief jou beste "dance moves" saam!

🎁 Wat van geskenke?

Julle teenwoordigheid is vir ons die mooiste geskenk. Indien julle egter ’n bydrae wil maak, sal ’n geldjie ons help om ons toekoms saam te bou. Dankie dat julle deel is van ons spesiale dag!

🅿️ Is daar parkering?

Ja, daar is genoeg veilige parkering naby al die areas — seremonie, onthaal en tente.

📍 Is daar roetes of rigtingaanwysings?

Volledige rigtingaanwysings sal nader aan die tyd beskikbaar wees.

🍷☕ Wat gaan ons Saterdag drink?

Daar sal ’n kontantkroeg en koffiestasie wees tydens die onthaal. Julle kan met kaart of kontant betaal.

🚗 Moet ek my eie vervoer reel?

Ja, vervoer na en van die plaas is op eie onkoste. Let asb daarop dat die pad sowat 25 km grondpad insluit.

📞 Wat as ek ’n vraag het wat nie hier is nie?

Voel vry om ons te kontak! Ons byt net as jy mooi vra. 😊

Wanneer moet ek RSVP? 📅

RSVP asseblief voor of op 15 September 2025. Sleutel jou naam & van in wanneer jy jou naam soek, onder die RSVP opsie.